Volgens Hello! verwag die akteur Jude Law (41) en sy voormalige vriendin Catherine Harding (23) ’n pienkvoet. 

Dit sal die sangeres, meer bekend as Cat Cavelli, se eersteling wees. Maar vir Jude is dit sy vyfde spruit!

Cat en Jude was net aan die begin van 2014 vir ’n kort rukkie saam en het mekaar in die geheim gesien. Volgens Daily Mail was Jude se bewonderaars geskok deur die nuus van dié swangerskap.

’n Verteenwoordige van die akteur het in ’n amptelike persverklaring gesê al is "die paartjie nie meer saam nie, is albei van hulle toegewyd tot die grootmaak van hul kind". En die nuus dat Cat nader aan Jude getrek het, bevestig dit.

Sy het ook al oor haar nuwe huis getwiet en daar word beweer dat Jude die ma en baba finansieel ondersteun. Cat is net vyf jaar ouer as Jude se oudste seun, Rafferty (18), uit sy verhouding met die aktrise Sadie Frost. Jude en Sadie is ook die ouers van die 14-jarige Iris en 12-jarige Rudy. En Jude het 'n 5-jarige dogter, Sophia, uit sy verhouding met model Samantha Burke. Jude het ’n goeie verhouding met al sy ekse en sien gereeld sy kinders. Hy het immers in 2009 aan Parade Magazine gesê dat vaderskap vir hom baie beteken.

"Om ’n pa te wees, dit is wat vir my tel... In die verlede sou ek tot die middag toe slaap. Maar dit is glad nie so sleg om 7-uur in die oggend op te staan om vir jou kinders ontbyt te maak nie."

FOTO: ’n Ou foto van Sadie, Jude en hul eersteling, Rafferty

Loading

@blousyfrost found this picture jude, myself and @rafflaw9 #happysundays!

View on Instagram

Om nog te lees oor Jude Law se seun Rafferty, wat soos sy bekende pa ’n akteur is, klik HIER.

Bron: Hello!, Daily Mail, Parade Magazine