Die Oscar-bekroonde aktrise Judi Dench het aan die Britse tydskrif Good Housekeeping vertel dat sy haar 80ste verjaardag met haar eerste tatoe wil vier.

Judi, wat in Desember dié mylpaal gevier het, sê sy het reeds die ontwerp gekies en haar 42-jarige dogter, Finty Williams, ondersteun haar ma se keuse.

Die ontwerp is ’n Indiese simbool wat onder meer lewe en liefde voorstel.

"Een van die kameramanne wat gewerk het op The Second Best Exotic Marigold Hotel het vir my vertel wat dit beteken, maar ek's bietjie om my senuwees dat hy vir my jok. Dit beteken dalk iets ongelooflik onbeskof ..."

The Second Best Exotic Marigold Hotel is soos sy voorganger, The Best Exotic Marigold Hotel, gedeeltelik in Indië geskiet. Dit begin in Maart vanjaar oorsee wys.

The Second Best Exotic Marigold Hotel

Bronne: Good Housekeeping en Daily Mail