Eendag, nie so lank gelede nie, het die popsanger Justin Bieber sy verhouding met die popsangeres Selena Gomez hervat. Aanhangers was in hul noppies om te sien hoe die twee op romantiese uitstappies gaan, saam fietsry en hande vashou. Ongelukkig is die verhouding eensklaps weer beëindig. En nou hoor ons Justin is verloof aan 'n model ... Hailey Baldwin.

FOTO Instagram / radio 100 fm

Justin het die groot vraag glo gevra in 'n restaurant op 'n eiland in die Bahamas waar die paartjie tans vakansie hou.

Maar wie is Hailey Baldwin? Die pragtige vrou wat Biebs se hart gesteel het, is geen vreemdeling in die kollig nie. Ja, sy kom uit die beroemde Baldwin-familie, met haar pa wat die akteur Stephen Baldwin is en haar oom die ewe bekende Alec Baldwin. Sy het al op die voorblad van glanstydskrifte soos Vogue, Marie Claire en Harper's Bazaar verskyn en het boonop 12 miljoen volgelinge op Instagram.

FOTO Instagram/ Hailey Baldwin
FOTO Instagram / Hailey Baldwin
 

Justin Bieber se trotse pa, Jeremy Bieber, het gister op sy Instagram-blad 'n pragtige foto van sy seun gedeel waarby hy sê: "Opgewonde oor die volgende hoofstuk."

@justinbieber Proud is an understatement! Excited for the next chapter!

A post shared by Jeremy Bieber (@jeremybieber) on