Justin Bieber het sy klein motorongeluk met prinses Di s'n in 1997 vergelyk - en mense is baie ontsteld daaroor, berig People.   Die 20-jarige sanger het sy ongeluk met prinses Diana s'n vergelyk toe hy in ’n motorongeluk betrokke was - tot groot onsteltenis van baie mense. Die sanger, wat deesdae baie in die sop is, het op Twitter gesê daar moet nuwe wette ingestel word om hom te beskerm teen dieselfde lot as die wyle prinses Diana wat in 1997 verongeluk het. ’n Fotograaf het blykbaar in die agterkant van sy rooi Ferrari vasgery.

’n Bron het aan die webtuiste TMZ.com gesê dat dit Justin was wat vinnig die remme getrap het waarna die fotograaf in hom vasgery het. Niemand is beseer nie en Justin se kar het nie baie skade nie.

Justin is in die verlede ook van roekelose bestuur aangekla.

Wat dink jy van Justin se twiet? Het hy nou ’n stap te ver gegaan?

Bron: People