'n Dag ná duisende Beliebers poele trane gehuil het, skryf Justin Bieber 'n liefdesbrief aan sy verloofde - op Instagram natuurlik. Hy het die groot vraag in die Bahamas gevra. Die gelukkige meisie? Hailey Baldwin, 'n Amerikaanse model en dogter van die akteur Stephen Baldwin.

"Jy is die liefde van my lewe, Hailey Baldwin," skryf die 24-jarige Romeo aan sy 21-jarige Juliet.

"My hart is heeltemal en vir altyd joune."

Biebs skryf die brief onderaan twee swart-en-wit foto's van hom en Hailey met die verloofring duidelik aan haar vinger. 

FOTO Instagram/ @justinbieber


Ou Justin was nog altyd 'n hartebreker, maar nou lyk dit of hy ware liefde gevind het. En hy beskryf als as perfek. "God se tydsberekening is letterlik perfek. Ons het verloof geraak op die sewende dag van die sewende maand. Sewe is die syfer van geestelike perfeksie."

Hy deel ook 'n teksvers uit Spreuke.

Sy brief het die wêreld behoorlik laat gons. Meer as nege miljoen mense het reeds die Instagram-inskrywing ge-like.

Lees sy brief hier: