Ons hoor lank reeds gerugte dat Justin Timberlake en sy vrou, Jessica Biel, swanger is, maar dié gewilde sanger het dit die afgelope naweek vir die eerste keer self bevestig.

Justin het Saterdag verjaar (hy is nou 34) en het op Instagram sy aanhangers bedank vir hul mooi wense.

Hy het ook by dié foto geskryf dat hy vanjaar die beste geskenk gaan kry - sy eersteling. En volgens hom weet hy en Jessica (32) nie wat die baba se geslag is nie.

As ons kyk na die grootte van Jessica se maag, hoef Justin nie meer baie lank te wag voordat hy sy pienkvoet ontmoet nie.

’n Bron het vroeër aan E! Online gesê dat Jessica in haar derde trimester is en dat sy gesond is. Sy het glo probeer om baie oefening te kry en gesond te bly.

Bron: E! Online

Lees nou