Enigiemand is welkom om Vrydagaand, 9 September 2011, saam met Corlea by die Atterbury-teater in Pretoria te kom kuier. Die video wat gemaak word, is van die titelsnit op haar album, Wie ek is.

“Die afgelope ses tot sewe maande het ek die ongelooflikste ondersteuning van my aanhangers gekry. Hulle het my gedra deur die moeilike tye. Nou wil ek op dié manier vir hulle dankie sê.”

Corlea was voorheen deel van die duet-groep Ons lieflinge saam met Rudi Claase. In Maart vanjaar het die verhouding tussen hulle versuur en sy het besluit om haar solo-loopbaan te begin.  

“Ek wil hê my aanhangers moet deel wees van my opwinding en my nuwe loopbaan. Deur hierdie video wil ek dankie sê vir elkeen.”

Toegang is gratis en daar is restaurante en ’n kontantkroeg beskikbaar.

Die video is reeds volgende Saterdag, 17 September, op DKNT op kykNET (Kanaal 111 op DStv) te sien.