As dogtertjie het die rooikop aktrise harte gesteel in Disney-flieks soos The Parent Trap en Life Size. As jong volwassene het Lindsay Lohan in treffers soos Mean Girls en Freaky Friday gespeel.

Ja, op haar dag was sy een van Hollywood se gewildste sterre.

En nou kan jy saam met Lindsay vakansie hou. Die vurige rooikop het haar eie vakansieoord in Mykonos, Griekeland. Die oord op die see bevat  ’n restaurant, boetiek, spa en vele ander opwindende aktiwiteite. Die oord lok reeds duisende aanhangers en bekendes – en nou kan jy ook saam haar vakansie hou.

Die Lohan Beach House is die perfekte kuierplek vir ’n lekker en opwindende vakansie.

KYK HIER NA DIE ASEMROWENDE PLEK

FOTO Lohan Beach Club
FOTO Lohan Beach Club
FOTO Lohan Beach Club
FOTO Lohan Beach Club
FOTO Lohan Beach Club
FOTO Lohan Beach Club