Staan terug, sir Rod Stewart is nou in die vertrek. Gister is dié Britse sanger tot ridder geslaan deur die hertog van Cambridge, prins William. 

Sy vrou, Penny Lancaster, en sy twee kinders, Alastair en Aiden, het hom vergesel. Rod is die trotse pa van 8 kinders uit drie huwelike.

Hy is nie die enigste bekende wat gister vereer is nie. Die Britse akteur David Oyelowo is met die Orde van die Britse Ryk (OBE) vereer. Verlede jaar is aan die wit Zoeloe Johnny Clegg ook ’n OBE toegeken.

Ander bekendes wat reeds 'sir' en 'dame' is

Elton John - Britse sanger

Helen Mirren - Britse Oscar-wenner

Judi Dench - Britse aktrise

Michael Caine - Britse akteur

Daniel Day Lewis - Britse Oscar-wenner

Maggie Smith - Britse aktrise

Kenneth Branagh - Britse akteur en regisseur

Mick Jagger - hoofsanger van The Rolling Stones

Elizabeth Taylor - aktrise

Julie Andrews - Britse Oscar-wenner

Ben Kingsley - Britse akteur

Die volgende twee is nie ridders nie, maar eerder ere-ridders:

Bill Gates - ere-ridder

Bono - U2 se hoofsanger - ere-ridder

Lees nou

Maak so met ou bottels

Supermodelle nou superma’s!

5 kombuisgeheime wat almal moet ken