Naak foto's van die prins is vanoggend op die internet versprei ná 'n Vrydagaand van "strip billiards" in die suite vir baie belangrike persone in 'n Vegas-hotel. 'n Woordvoerder van Clarence House het bevestig dat die foto's eg is, maar dat hulle nie gaan kommentaar lewer nie.

Die foto's is op www.tmz.com te sien, en wys 'n kaal Harry saam met 'n onbekende kaal meisie.

Harry het glo aan 'n hotelgas vertel dat hy vir 'n week in Vegas is om "net partytjie te hou". Hy't ingeteken by die vyfster-hotel Wynn. Die foto's volg op 'n aantal ander partytjiefoto's van die prins sonder sy hemp.

Twee lyfwagte en Harry se beste vriend, Tom (Skippy) Inskip, is saam Vegas toe. By een van die partytjies het Harry en kie 'n duur rondawel langs 'n swembad by die MGM Grand gehuur om Wet Republic, een van die grootste partytjies in Vegas, by te woon.

Harry word binne die volgende paar dae terugverwag by die huis om weer by die weermag aan te sluit.