Kaapstad is een van die gewildste Desember-bestemmings in Suid-Afrika. As jy beplan om binnekort ’n Kaapse draai te gooi, kan jy gerus loer na hierdie spesiale promosie wat luukse hotelverblyf by die Southern Sun Cape Sun én gratis toegang tot ons gunsteling-doendinge insluit! 

Hier’s SARIE se redaksielede se gunsteling-doendinge in Kaapstad:

Amaria Carstens, SARIE-moderedakteur:

Ek is gaande oor ’n mooi uitsig en om spesiale oomblikke saam met my kinders te skep, en die Cape Wheel is perfek vir dit. Volgende keer wil ek dit graag in die aand doen vir die stadsliggies.

Carmen Botma, SARIE-bemarkingsbestuurder:

Die Zeitz Mocca is een van my gunsteling-uitstappies in Kaapstad. Die grootsheid van die gebou vang jou dadelik en jy voel bevoorreg om hierdie museum in jou eie stad te kan besoek. Daar is openbare vakansiedae waarin toegang ook gratis is vir Suid-Afrikaners!

Tans kan jy William Kentridge, een van die wêreld se bekendste kunstenaars, se uitstalling sien. Die uitstalling sal enigiemand, kunskenner of leek, beïndruk met video’s, sketse, beelde en meer.

Gaan geniet dan ’n koffie op die heel boonste vloer van die museum. Bewonder die argitektuur en ongelooflike uitsig!

Liani Jansen van Rensburg, SARIE.com-inhoudsbestuurder:

Die akwarium is die een plek waar jy altyd eenklaps soos ’n kind voel. Elke hoek en draai is pure verwondering, van die pienk jellievisse se lumo-kamer tot die pikkewyne se manewales. Ek is altyd opgewonde voor ek instap en sielsgelukkig wanneer ek uitstap. Beslis ’n uitstappie vir oud en jonk!

Pieter Hugo, SARIE-produksiebestuurder:

Ek is mal om ’n hele dag op Tafelberg te spandeer met ’n piekniekmandjie en goeie vriende. Daar is geen beter plek om al die asemrowende vistas van die Kaapse Skiereiland te sien nie, en dit begin al in die kabelkarretjie. Onthou om aanlyn te bespreek en te betaal – jy sal tyd en geld spaar.

Annemie Lombard, SARIE.com se digitale redakteur:

Een van my gunsteling-doendinge is ’n bootvaart uit Kaapstad se hawe teen sonsondergang. Vanuit die hawe sien jy die Moederstad in volle glorie, maar ook Blouberg en Robbeneiland op die horison. Saam met vriende en ’n skemerkelkie voel mens soos ’n regte stralerjakker!

 Southern Sun Cape Sun
Southern Sun Cape Sun FOTO Verskaf
 Southern Sun Cape Sun
Southern Sun Cape Sun FOTO Verskaf

Spesiale aanbod

Lekker ontspan tydens ’n wegbreek vra goeie verblyf en attraksies wat jy moeiteloos kan besoek. Ervaar die beste hiervan by die Southern Sun Cape Sun, een van vele Tsogo Sun-hotelle landwyd, met die bykomende waarde van ’n 3-dag-iVenture-City Pass.

Geleë in die hart van Kaapstad sal dié hotel in al jou behoeftes voorsien terwyl jy die geskiedkundige en kulturele hartklop van die Moederstad geniet. Net ’n hanetree van die hotel is van die stad se gewildste toeriste-attraksies, wat die rooi oopdekbusse, hawetoere, wyntoere en vele meer insluit.

Met jou 3-dag-iVenture-City Pass kry jy toegang tot al dié attraksies en die SARIE-span se gunsteling-doendinge. Jy sal nie in lang rye hoef te staan vir kaartjies nie en die tyd tot jou beskikking ten beste kan benut en kan ontspan.

INGESLUIT:

  • Ontbyt elke oggend
  • 3-dag-iVenture-City Pass
  • ’n Bottel wyn met jou aankoms
  • Vanaf R2 395 per kamer per nag vir ’n minimum van 4 nagte.
  • Geldig vir verblyf voor 31 Maart 2020.

Bespreek aanlyn by www.tsogosun.com of kontak Tsogo Sun Hotels by +27 21 488 5100 of sscapesun.reservations@tsogosun.co