‘n Voorsmakie van SARIE Karamel – vanaf 5 Augustus 2014 op die rak.

Soetste drome smaak soos karamel …

Romerig, suikersoet, salig op jou tong. Karamel is so verleidelik dat talle liefdesgedigte daarna verwys. ook liedjies is al daaroor geskryf, soos die popgroep BonJovi se ‘Caramel Kisses’.

Maar wat is dit aan hierdie nektar wat mense se monde op die plek laat water, jou lus maak vir eet en jou vermoe¨ om nee te se^ in die niet laat verdwyn? My lewenslange liefdesverhouding met karamel het in my ma se kombuis op my grootworddorp Upington begin nadat sy vir die eerste keer vir ons karamel-kondensmelk gekook het.

Vir diegene wat nie weet nie, jy sit die toe blik met kondensmelk in water en kook dit tot die inhoud in karamel verander. Die nommer-een-ree¨l is dat die water nooit moet wegkook nie, want die blik sal ontplof!

My ma het die blikke kondensmelk in die stoompot geplaas, water ingegooi en die pot aan die kook gesit. So ’n uur later was daar ’n oorverdowende slag in die kombuis – waarna ’n skielike stilte oor die huis neergedaal het.

Dit was die stilte voor die karamelstorm, want toe ek en my ma angstig die kombuis inhardloop, het ’n gesig ons begroet wat my laat dink het dit is karamelhemel. Kondensmelk oral – teen die plafon, die mure en op die vloer!

’n Unieke soet geur het die kombuis gevul, soos iets uit Roald Dahl se Charlie and the Chocolate Factory, en ek het dadelik besef hierdie karamel-ding is ’n bestanddeel soos geen ander nie.

Dit werk goed saam met enige gebak, dit gee lewe aan soetgoed uit die yskas, dis

tuis as nagereg op ’n feestafel en dit span die kroon by elke basaar.

Hierdie bylae is ons ode aan die´ juweel van die kombuis. Kom bak saam en raak verlore in 27 van ons bestes.

Groete, Herman

010814SRS016.pdf