Die modewêreld is steeds in skok oor Karl Lagerfeld, Chanel se kreatiewe direkteur, se afsterwe. Die Franse ontwerper Virginie Viard, die afgelope 30 jaar sy geheime wapen, is deur Chanel as sy opvolger aangewys. 

Kenners sê Lagerfeld gaan ’n enorme leemte laat. Hy was immers die enigste een wat dit kon regkry om Coco Chanel se visie te laat voortleef ná haar dood. 

Lagerfeld het reeds in 1958 opgang begin maak as ontwerper vir luukse modehuise soos Chloé en Valentino. In 1967 het hy Fendi se pelsreeks gemoderniseer deur nuwe materiale in die ontwerpe te inkorporeer. Toe, in 1983, sluit hy by Chanel aan. Dit was reeds ’n dekade ná Coco Chanel se dood en die eens gesogte handelsmerk se gewildheid onder modeliefhebbers was erg aan die taan.

FRANCE - JANUARY 01: Karl Lagerfeld, portraits In
FOTO Getty Images / Gallo Images

Lagerfeld het begin deur Chanel se prêt-à-porter-reeks te vernuwe. Hy het die ikoniese Chanel-simbool op die kledingstukke begin gebruik en die bekende Chanel-tweed weer glansryk gemaak.

“Hy is onvervangbaar, hy is die enigste mens wat swart en wit kleurryk kon maak,” soos supermodel Claudia Schiffer op haar Instagram-blad geskryf het kort ná sy dood.

FRANCE - OCTOBER 14: Fashion: Ready to Wear Sprin
FOTO Getty Images / Gallo Images

Die man met sy unieke grys poniestert, vierkantige donkerbril en handskoene het nie net supermodelle nie, maar ook presidentsvroue, sangers, akteurs, redakteurs en die room van die modewêreld geklee. Hollywood-sterre soos Blake Lively, Nicole Kidman en Kristen Stewart is gereeld op die rooi tapyt in sy ontwerpe gewaar.

Hier is van sy rooitapyt-ontwerpe:

1. Emma Stone by die Baftas (2017)

NEW YORK, NY - MAY 05: Kristen Stewart attends the
FOTO Getty Images / Gallo Images
NEW YORK, NY - MAY 05: Kristen Stewart attends the
FOTO Getty Images / Gallo Images

2. Blake Lively by die Cannes-filmfees (2014)

NEW YORK, NY - MAY 05: Kristen Stewart attends the
FOTO Getty Images / Gallo Images
NEW YORK, NY - MAY 05: Kristen Stewart attends the
FOTO Getty Images / Gallo Images

3. Nicole Kidman by die Oscars (2004)

NEW YORK, NY - MAY 05: Kristen Stewart attends the
FOTO Getty Images / Gallo Images
NEW YORK, NY - MAY 05: Kristen Stewart attends the
FOTO Getty Images / Gallo Images

4. Julianne Moore by die Oscars (2015)

NEW YORK, NY - MAY 05: Kristen Stewart attends the
FOTO Getty Images / Gallo Images
NEW YORK, NY - MAY 05: Kristen Stewart attends the
FOTO Getty Images / Gallo Images

5. Margot Robbie by die Mary Queen of Scots-première (2018)

NEW YORK, NY - MAY 05: Kristen Stewart attends the
FOTO Getty Images / Gallo Images
NEW YORK, NY - MAY 05: Kristen Stewart attends the
FOTO Getty Images / Gallo Images

6. Keira Knightley by The Nutcracker and the Four Realms-première (2018)

NEW YORK, NY - MAY 05: Kristen Stewart attends the
FOTO Getty Images / Gallo Images
NEW YORK, NY - MAY 05: Kristen Stewart attends the
FOTO Getty Images / Gallo Images

7. Jennifer Aniston by die Emmy-toekennings (2004)

NEW YORK, NY - MAY 05: Kristen Stewart attends the
FOTO Getty Images / Gallo Images
NEW YORK, NY - MAY 05: Kristen Stewart attends the
FOTO Getty Images / Gallo Images

8. Sarah Jessica Parker by die Oscars (2010)

NEW YORK, NY - MAY 05: Kristen Stewart attends the
FOTO Getty Images / Gallo Images
NEW YORK, NY - MAY 05: Kristen Stewart attends the
FOTO Getty Images / Gallo Images

9. Penélope Cruz by die Cannes-filmfees (2018)

NEW YORK, NY - MAY 05: Kristen Stewart attends the
FOTO Getty Images / Gallo Images
NEW YORK, NY - MAY 05: Kristen Stewart attends the
FOTO Getty Images / Gallo Images

10. Kristen Stewart by die MET-gala (2014)

NEW YORK, NY - MAY 05: Kristen Stewart attends the
FOTO Getty Images / Gallo Images
NEW YORK, NY - MAY 05: Kristen Stewart attends the
FOTO Getty Images / Gallo Images

Bron: www.bbc.comwww.timeslive.co.za