Die benoemings vir vanjaar se Ghoema-toekennings is vandag aangekondig. Wie dink jy gaan dié jaar met ’n beeldjie van 24 karaat goud huis toe?

Die Ghoema-toekennings vind vanjaar op 13 April plaas, weer by Carnival City se Big Top Arena. Musikante soos Elvis Blue, Corlea Botha, Jay, Kurt Darren, Riana Nel en Joshua na die Reën is van die kunstenaars wat by dié geleentheid ter bevordering van Afrikaanse musiek gaan optree.

Hier is van vanjaar se benoemings

Als oor verlede jaar se Ghoemas

Album van die jaar

  1. Andriëtte Norman (Wat rym met liefde)
  2. Bok van Blerk (Steek die vure aan)
  3. Elvis Blue (Afrikaans)
  4. Jay (Dis hoe ons rol)
  5. Karlien van Jaarsveld (Uitklophou)

Manlike kunstenaar van die jaar

  1. Bok van Blerk (Steek die vure aan)
  2. Elvis Blue (Afrikaans)
  3. Jay (Dis hoe ons rol)
  4. Joe Niemand (Genoeg is genoeg)
  5. Joshua na die Reën (Joshua na die reën)

Vroulike kunstenaar van die jaar

  1. Andriëtte Norman (Wat rym met liefde)
  2. Anneke Hanekom (Kom nader)
  3. Carike Keuzenkamp (Ghoempie 10 - DVD)
  4. Karlien van Jaarsveld (Uitklophou)
  5. Liza Brönner (Jy het my gevind, sy is ook aangewys as Afrikaans se nuwe Liefling)

Groep van die jaar

  1. 4 werke (4 harte)
  2. CH2 Guitar Duo (Electro String)
  3. Onbeskaamd (Hartklop vir my stad)
  4. Romanz (Lig jou stem op)
  5. Van Coke Kartel (Bloed, sweet & trane)

Liedjie van die jaar

  1. Corlea Botha ("Swart koffie")
  2. Eden ("Superhero")
  3. Jay ("Dis hoe ons rol")
  4. Karlien van Jaarsveld ("Hande")
  5. Kurt Darren ("Seerower")

Nuweling van die jaar

  1. Anneke Hanekom (Kom nader)
  2. Candy Benson (Niks kan my keer nie)
  3. Carel Chapman (Namib blues)
  4. Joshua na die Reën (Joshua na die reën)
  5. MWAH! (Waarvoor wag jy?)

Beste pop-album deur ’n manlike kunstenaar

  1. Elvis se seun (Boere rock)
  2. Jay (Dis hoe ons rol)
  3. Kurt Darren (Seerower)
  4. Munro (Goeie ou dae)
  5. Ray Dylan (Harte van goud)

Beste pop-album deur ’n vroulike kunstenaar

  1. Amoré (Desember Liefde)
  2. Charlize Berg (Deluxe weergawe)
  3. Chrizaan (Belowe my)
  4. Franzel (Taal van liefde)
  5. Karlien van Jaarsveld (Uitklophou)

*Vir al die ander benoemings, klik hier

BRON: Ghoema