Sy en haar verloofde, die voormalige Springbok en Bloubul Derick Hougaard, is tans in die Kaap en het die naweek die onthaalplek bespreek waar hulle gaan trou: Santé in die Paarl.

“Dis net baie mooi daar en dit voel aards – niks is oordoen nie. Dis in die wingerde en na aan die natuur.”

Die Paarl is ook haar broer, die sanger Bobby van Jaarsveld, se geboorteplek en Derick se gunsteling-dorp, sê Karlien. “Ons het in die Paarl gewoon totdat ek so vier jaar oud was. Dit het net ’n spesiale plek in ons almal se hart.”

Ronel Brink, Karlien en Bobby se ma en agent, sê dit gaan ’n groot troue met sowat 300 gaste wees. Dit vind op 24 November vanjaar plaas.