Die hertogin van Cambridge het foto's van haar eerste dogter, prinses Charlotte, met die wêreld gedeel - en sy lyk nes haar mamma! Charlotte is laas tydens haar doop in die openbaar gesien en nou kan ons sien hoe mooi groot sy die afgelope 5 maande geword het.

Trotse pa William het gesê Charlotte en ouboet George begin nou elk hul eie persoonlikhede ontwikkel - die 2-jarige prins George is "lewendig" en Charlotte is "ladylike", berig Hello!. Charlotte is Woensdag 7 maande oud.

Kate het onlangs gesê sy wil hê haar kinders moet so normaal moontlik grootword - lees die volledige berig HIER.

George en Charlotte se oom Harry kuier in Suider-Afrika en het gister by die Val de Vie-landgoed in die Paarl polo gespeel - kyk HIER na foto's van dié geleentheid.

Lees nou