Die hertogin van Cambridge, Kate Middleton, het gisteraand vir ’n tweede keer dieselfde Alexander McQueen-aandrok gedra. Kate het die National Portrait Gallery se spoggerige gala-geleentheid in Londen bygewoon.

Kate het beeldskoon in die swart aandrok met blom- en lint-detail gelyk. Sy het dieselfde rok na 2017 se Bafta-toekennings gedra.

Die bokant van die rok is wel effens verstel. Die treffende lae boothalslyn is verander in moue wat haar skouers bedek. Haar hare is ook dié keer in los krulle pleks van ’n bolla gestileer.

2017:

LONDON, ENGLAND - FEBRUARY 12: Catherine, Duchess
FOTO Getty Images / Gallo Images
LONDON, ENGLAND - FEBRUARY 12: Catherine, Duchess
FOTO Getty Images / Gallo Images
LONDON, ENGLAND - FEBRUARY 12: Catherine, Duchess
FOTO Getty Images / Gallo Images

2019: