Mario Testino, dieselfde fotograaf wat hul verlowingsfoto’s geneem het, het die pragtige foto’s geneem.

In die artikel praat hulle oor hul alledaagse lewe, soos wie die vuilgoedsakke uitvat en hoe hulle na die perfekte huis vir hulle gesoek het. Hulle probeer regtig so normaal as moontlik leef en verkies selfs om nie van privaat vliegtuie gebruik te maak nie, berig Perez Hilton.

Hulle vertel ook hoe hulle tussen die twee onthale op die dag van hul troue na die hulself op TV gekyk het en kort-kort gegiggel het vir wat gebeur.

Hulle lyk baie gelukkig en ontspanne. Klik vir meer foto's.

Dit is presies 14 jaar nadat Prinses Diana op die voorblad van Vanity Fair verskyn het met foto’s wat ook deur Testino geneem is.

Vanity Fair voorblad Julie 2011 Vanity Fair voorblad Julie 1997
Vanity Fair voorblad Julie 2011 Vanity Fair voorblad Julie 1997