?"Hulle het gestraal," het 'n gas by die troue vertel. Hulle het selfs 'n paar mense laat lag toe hulle 364 dae na hul troue wéér die kerk binnestap. Hul eintlike herdenking was Sondag 29 April 2012.

Pippa (Kate se suster) was ook daar, maar sy't ingesluip om 'n lae profiel te hou ná die onlangse geweer-insident in Parys

Kate het 'n kantrok aangehad, een wat sy tydens die koninklike toer na Kanada ook gedra het. "Sy lyk bruingebrand en pragtig," het iemand opgemerk. "Baie mense het hulle geluk gewens met hul huweliksherdenking, maar hulle wou geen aandag van die bruid en bruidegom af wegneem nie."

Die koninklike paartjie het nie tot laataand gebly nie. Hulle wou teruggegaan na hul plaashuis in Anglesey, Wallis. En hulle planne vir die groot dag?
"Hulle het uitgesien na 'n spesiale dag by die huis."

Foto: Mario Testino