Besoekers sal ook meer kan lees oor die gelukkige paartjie se doen en late, soos hul onlangse kuier by die St. Andrews-universiteit, hul alma mater en die plek waar hulle mekaar in 2002 ontmoet het. Luidens 'n media-verklaring wat deur die St. James-paleis uitgereik is, sal eksklusiewe inhoud soos video's, rubrieke en foto's ook daar beskikbaar wees. Jy sal ook sosiale aktiwiteite van Clarence House, Buckingham-paleis en die Britse monargie hier kan dophou. So as jy saam met die res van ons asem ophou oor wie Kate se rok gaan ontwerp, boekmerk solank http://www.officialroyalwedding2011.org/ as jy van die eerstes wil wees om die nuus te hoor.