Ná vier jaar het aktrise Kate Hudson en haar verloofde, Matthew Bellamy (die hoofsanger van Muse), hul verlowing verbreek. Só berig People. "Kate en Matt is al vir 'n geruime tyd uit mekaar," vertel Hudson se woordvoorder. "Ten spyte hiervan is hulle steeds goeie vriende en betrokke ouers. Hudson het 'n seun, Ryder 10), uit haar vorige huwelik met Chris Robinson, en 'n seun, Bingham Hawn (3), saam met Matt. Hudson se ouers is nooit getroud nie, en sy deel die sentiment dat "'n mens nie 'n stuk papier nodig het om getrou aan mekaar te bly nie."

Nóg paartjies wat se verhoudings nie 2014 deurgesien het nie:

Russell Brand & Jemima Khan

Padma Lakshmi & Richard Gere

Jordin Sparks & Jason Derulo

Zooey Deschanel & Jamie Lindel