Klein Bingham is op 9 Julie vanjaar gebore en is Kate en Matt, die hoofsanger van Muse, se eerste kind.

Die paartjie het in Januarie verloof geraak, maar dit lyk nie of hulle haastig is om te trou nie.

Bingham is die nooiensvan van Matt se ma. En sy middelnaam is Kate se beroemde ma, Goldie Hawn, se van. Albei oumas is dus vernoem.