Kate en prins William is steeds op toer in New York, maar ten spyte van hul koninklike aktiwiteite het Kate gister (9 Desember) in 'n 'sakpas'-rok (vir 'n hertogin...) haar verskyning gemaak. Só berig In Style.

Die Seraphine-ontwerp kos slegs R1130, en dis nie die eerste keer dat Kate dié ontwerper se swangerdrag in NY dra nie. Stylvol in dié swart swangerskap-rok met 'n rolnek, het Kate die kameras laat flits.

Duke And Dutchess Attend Creativity Is GREAT Reception Gallo Images/Getty Images

black turtle neck Die rok op www.seraphine.com

En by die St. Andrews-bal later dié aand dra Kate toe vir die derde keer sedert Oktober 2012 haar donkerblou Jenny Packham-rok.

St. Andrews 600th Anniversary Dinner - Arrivals Gallo Images/Getty Images

Die paartjie het onder andere besoek afgelê by die gedenk-area van 9/11 en nóg liefdadigheidsorganisasies besoek.

Wat dink jy? Moet 'n koninklike áltyd nuwe, duur klere dra?