Die hertog en hertogin van Cambridge, William en Kate, én prins Harry gaan Maandag 26 Oktober fliek. Hello! berig dat die drie koninklikes die wêreld-première van die nuutste James Bond-film, Spectre, sal bywoon. 

Hulle sal ook by dié geleentheid, wat by die Royal Albert Hall in Londen plaasvind, die hoofrolspeler, Daniel Craig, en regisseur, Sam Mendes, ontmoet.

Volgens People is William, Kate en Harryook daar om geld in te samel vir dieCinema and Television Benevolent Fund, 'n organisasie wat werkers agter die skerms in die vermaaklikheidsbedryf ondersteun.

Spectre sal op 27 November in Suid-Afrikaanse teaters begin draai. Kyk gerus solank na die lokprent.

https://www.youtube.com/watch?t=1&v=LTDaET-JweU

Bronne: Hello! en People

Lees ook