Die hertogin van Cambridge gaan glo ’n mooimaaksessie kry voordat sy en haar gesin op hul Australiese toer vertrek.

Die koningin het blykbaar ’n stokkie gesteek voor die hertogin se alledaagse stylvolle kleredrag. Sy wil hê nuwe ma Kate moet vir dié toer meer koninklik aantrek.

Die koningin het aanbeveel dat haar persoonlike kleedster vir Kate en haar stilis help. Sy wil hê Kate moet meer couture-rokke aantrek (sy dra gereeld winkelrokke) en ook meer van die koninklike juwele en tiaras dra.

FOTO: Gallo Images / Getty Images Nadat dié foto van Kate in 'n winkelrok verskyn het, het dié rok binne 2 ure uitverkoop
FOTO: Gallo Images / Getty Images

Kenners bespiegel dat een van die juwele ’n robyn-borsspeld in die vorm van ’n hibiskus gaan wees - een van die nie-amptelike embleme van Australië. Dié stuk is in 1958 in Australië aan die koningin oorhandig. Kate het ’n esdoringblaar-borsspeld gedra in 2011 met haar eerste oorsese besoek aan Kanada.

Die koningin het blykbaar reeds vir die ontwerpers Alexander McQueen en Alice Temperley gekontak om vir Kate rokke te ontwerp. Kate kan op een dag op die toer tot 4 keer uitrustings verander.

George se eerste vakansie

Die Britse tydskrif Hello! het eksklusiewe foto's van Kate en klein prins George wat met vakansie vertrek, gepubliseer. Dié twee is saam met die Middleton-familie op hul jaarlikse vakansie na die Karibiese eilande. Prins William bly blykbaar tuis om aandag aan sy studies te gee. (Lees hier wat prins William nou studeer.)

Daar is net 74 luukse villas op die private eiland Mustique waar hulle gaan vakansie hou. Bekendes wat hier huise besit is onder andere Sir Paul McCartney, Mick Jagger en die TV-persoonlikheid Jeremy Clarkson.

Kate Middleton Prins GeorgeHello! skryf verder dat George die vlug goed hanteer het

Bronne: Entertainment Wise en Hello!