Ons vermoed Katrina Darling is beslis nie op dié oomblik die Britse koningshuis se 'darling' nie! Haar bekende kleinniggie, Kate Middleton, is hard (en stylvol!) aan die werk om haar profiel as gewone burgerlike/nóú koninklike te vestig, en het beslis nie familielede nodig wat haar beeld kan skade berokken nie.

Kleinniggie Katrina (22) is 'n burlesk-danser wat al meer as een keer met min of geen klere in tydskrifte verskyn het – eers in Playboy en nou weer in die Marilyn Monroe-geïnspireerde voorbladartikel vir die Britse manstydskrif Loaded. "Ek voel nie kaal sonder klere nie, maar baie gemaklik," sê sy. Dit was ook min of meer haar mening toe sy uitgevra is oor Kate se kaalbors-skandaal verlede jaar. "Hoekom moet sy onder die soeklig kom omdat sy gemaklik is met haar lyf?"

Ondanks haar "koninklike konneksie" maak Katrina dit duidelik dat sy met suiwer harde werk sukses behaal. Sy verdien nou maklik ses-syfer-bedrae vir haar fotosessies.

Sy het nog nooit vir Kate ontmoet nie.

Katrina Darling op die Loaded-voorblad