Tydens haar besoek het Fabian vir Catherine vertel van sy familie se blog oor die pad wat hulle almal stap vandat hy gediagnoseer is. Sy is waarlik die prinses van harte, want nie net het sy die blog gaan lees nie, sy het verlede week vir Fabian ’n persoonlike brief gestuur waarin sy skryf:

“Ondanks die ongelooflike eise wat aan jou gestel word as gevolg van jou siekte, is ek aangeraak deur jou treffende en sterk karakter.

Ek is baie bly om op jul blog te lees dat een van jou susters geskik is om vir jou beenmurg te skenk en dat dit later in die jaar gaan gebeur. Ek hou duim vas dat jou gesondheid die volgende paar maande van krag tot krag sal gaan.

Ek besef dit is ’n moeilike paar maande wat vir jou en jou gesin voorlê, maar ek is seker daarvan dat die talentvolle, vriendelike en slim personeel by die Royal Marsden alles in hulle vermoë sal doen om julle op hul hande te dra. Met jou positiewe uitkyk op die lewe en goeie geloof is jy reeds op die wenpad.

Hou aan met die inspirerende blog, en intussen hou ek jou en jou gesin in my gedagtes en gebede.

Catherine"

Die brief, met die St. James-paleis se briefhoof bo-aan, is in Catherine se eie handskrif onderteken.

Fabian se pa, Darrell Bate, het aan Evening Standard vertel dat die brief vir hulle baie spesiaal is. “Sy ontmoet so baie mense. Dat sy soveel persoonlike detail van Fabian onthou het en dit in die brief genoem het, beteken vir ons almal regtig baie.”