Die nuwe protokol dwing Kate, vrou van prins William, 'n entjie verder af in die rangorde van Britse koninklikes. Haar posisie vereis dat sy voor koningin Elizabeth se kleinkinders en dogters van prins Andrew, Eugenie en Beatrice, buig wanneer sy in hul teenwoordigheid is. Maar slegs wanneer haar man, prins William, nie saam met haar is nie.

Hoewel Kate die toekomstige koningin van Brittanje is, sal sy, as 'n gewone burgerlike, diegene wat as koninklikes gebore is in die openbaar én wanneer hulle in privaatheid bymekaar is, só moet eerbiedig. Sy sal dieselfde moet doen voor bloubloed prinses Anne en die koningin se niggie, prinses Alexandra.

Maar prins Edward se vrou, Sophie, die gravin van Wessex, moet op haar beurt voor Kate 'n kniebuiging maak. 

Prinses Anne, koningin Elizabeth se dogter en suster van Prins Charles, Andrew en Edward, het geweier om voor prinses Diana of selfs later voor Camilla te buig aangesien hulle volgens haar buitestaanders was en sy haar hele lewe aan koninklike diens gewy het. Dit het die koningin gedwing om destyds die protokol volgens bloedlyne te verander en vandaar Kate se nuwe posisie.