Sy is een van die bekendste modelle ter wêreld. En nou volg Kate Moss se jonger suster in haar model-voetspore ...

Lottie Moss is sedert verlede week amptelik deel van die modelwêreld én by dieselfde agentskap as waar Kate in die begin van háár loopbaan was. Dié halfsuster van Kate Moss is in 2011 by Kate se troue raakgesien toe sy nog net 13 jaar oud was. Huffington Post het hierna berig dat die modelagent Carole White haar ná dié troue "’n ware Engelse roos" genoem het.

Maar Lottie se ma het destyds gesê dat sy nog te jonk is en dat hulle eers wil wag voordat sy haarin die modelwêreld begeef. Maar nou, op 16-jarige ouderdom, is sy by die bekende modelagentskap Storm waar Kate ook begin het. Lottie gaan steeds heeltyds skool terwyl sy modelwerk doen.

Kate Moss het verlede week 40 geword! Kyk na haar mooiste voorblaaie HIER.

FOTO: Lottie Moss se portefeulje by die modelagentskap, Storm FOTO: Lottie Moss se portefeulje by die modelagentskap, Storm

Lottie en Kate het dieselfde pa, Peter, maar verskillende ma's.

Lottie se eerste groot fotosessie

Lottie se eerste groot fotosessie is in die Britse tydskrif Dazed & Confused.

FOTO: Lottie Moss in Dazed & Confused se Februarie-uitgawe (Dazed & Confused/ Sean and Seng) FOTO: Lottie Moss in Dazed & Confused se Februarie-uitgawe (Dazed & Confused/ Sean and Seng)

Dié foto's is in Londen geneem en Lottie dra die klere van bekende ontwerpers soos Prada, Saint Laurent, Dolce & Gabbana en ook Topshop. Die fotograwe Sean en Seng het ná die fotosessie Lottie se lof besing. Volgens hulle is sy "oulik en vol karakter" met ’n vreeslose blik wat verleidend is.

Nóg suster-pare in die modewêreld

Kate en Lottie is nie die eerste susterpaar wat in die modewêreld opslae maak nie. Kyk deur ons galery na nóg beeldskone susters.