’n Ooievaarstee is vir die meeste swanger vroue as van selfsprekend, maar as jy ’n prins of prinses verwag, word die wenkbroue effens gelig.

Dis heeltemal teenstrydig met die koninklike tradisie. Maar ’n vriendin van Kate het aan die tydskrif OK! vertel dat dié partytjie Pippa se idee is.

“Dit gaan baie ontspanne en pret wees, en Kate hoop dat die koningin dit ook sal bywoon ... ” het dié anonieme vriendin gesê.

“[Kate en Koningin Elizabeth] is baie naby aan mekaar en geniet mekaar se geselskap. En omdat dít ’n eerste vir die koninklikes gaan wees, sal Kate dit baie waardeer as sy deel daarvan is.”

Volgens dié bron gaan Pippa die ooievaarstee reël – sy het darem al ’n boek oor geleentheidskoördinering geskryf!

Dit klink omtrent of dit ’n prettige affêre gaan wees en nie net tee en koekies nie. Die bron het gesê daar gaan wyn en bier ook wees – natuurlik vir die gaste en nie vir Kate nie.

 
Wat dink jy? Moet Kate ’n ooievaarstee hê of nie?