Die Brasiliaanse ontwerper Daniella Helayel se oorspronklike ontwerp het keer op keer uitverkoop by Harvey Nichols en op Net-a-Porter, 'n aanlynwinkel vir luukse items.

En dieselfde word verwag van hierdie ontwerp vir swanger vroue. Dié Issa-rok is nou teen £522 (sowat R8 090) by Blossom Mother & Child beskikbaar. Dit is presies dieselfde as die oorspronklike ontwerp, behalwe dat die snit plek maak vir 'n boepie.