Saterdag was weer 'n groot dag op die Britse koningshuis se kalender. Die monarg se verjaardag is oudergewoonte - nes sedert 1748 - amptelik met die Trooping the Colour-seremonie gevier.

Die hertog en hertogin van Cambridge, prins William en Katherine, het die dag saam met hul twee oudste kinders, prins George en prinses Charlotte, deurgebring. Klein prins Louis was by die huis.

Natuurlik was alle oë ook op die pasgetroude prins Harry en Meghan. Die nuwe hertog en hertogin van Sussex het omtrent gestraal!

Volgens tradisie staan die koninklike familie op die balkon van die Buckingham-paleis en wag vir die verbyvlug van militêre vliegtuie. Dis altyd 'n groot skouspel met duisende wat saamtrek om dit te sien. Prins George en prinses Charlotte het op 'n bankie gestaan sodat hulle oor die balkon kon loer. 

Net toe het 'n opgewonde prinses Charlotte byna van die bankie afgeval. Sy het groot geskrik en 'n besorgde Kate het haar onmiddellik opgetel en getroos. Ná 'n oomblik was alles egter vergete en die trane afgedroog. 

FOTO Getty Images/ Gallo Images
FOTO Getty Images/ Gallo Images
FOTO Getty Images/ Gallo Images
FOTO Getty Images/ Gallo Images

Kyk net die oomblik van 02:00 af:

Die afgelope naweek is Catherine en die kinders ook gekiek by 'n polowedstryd waaraan prins William deelgeneem het. 

FOTO Getty Images/ Gallo Images
FOTO Getty Images/ Gallo Images
FOTO Getty Images/ Gallo Images
FOTO Getty Images/ Gallo Images
FOTO Getty Images/ Gallo Images
FOTO Getty Images/ Gallo Images
FOTO Getty Images/ Gallo Images