Die hertogin van Cambridge, Kate Middleton, fokus al vir ’n geruime tyd haar werk op die emosionele en psigiese welstand van kinders. En as ma van drie kinders, prins George, prinses Charlotte en prins Louis, is dit vir haar nou ’n prioriteit om organisasies en projekte te ondersteun wat ook dié kwessies op die hart dra.

FOTO Instagram / Kensington Royal
FOTO Instagram / Kensington Royal

Sy het onlangs op die gewilde Britse kinderprogram Blue Peter verskyn en saam met die kleintjies paddas gevang, plante geplant en ’n natuurlike skuiling gebou. Die video’s en foto’s op die amptelike Instagram-blad van die Cambridges wys hoe Kate die dag gate uit geniet.

Kate en haar man, prins William, asook haar swaer prins Harry en sy hertogin-vrou, Meghan Markle, ondersteun al vier kwessies wat dikwels in die samelwing afgeskeep word. ’n Mens kan die impak sien wat prinses Diana op haar seuns en hul vroue gemaak het. 

FOTO Instagram / Kensington Royal
FOTO Instagram / Sussex Royal

Kyk net die oulike video van hoe Kate met ’n klein dogtertjie gesels:


Hoekom kan ons nie genoeg van die koninklikes kry nie? LEES HIER: Mal oor die sterre, koninklikes? Dís hoekom