Die boek, The Golden Hat, sal selfportrette van meer as 20 bekendes, soos Ben Stiller, Jude Law en Meryl Streep, bevat waarop hulle ’n spesiale hoed dra. Die hoed is van persoon tot persoon aangegee en elkeen moes neerskryf wat sy/haar eerste woorde sou wees indien hulle vir jare stom was en skielik weer kon praat.

Kate was geïnspireer ná sy betrokke was by die vervaardiging van die dokumentêr A Mother's Courage: Talking Back To Autism. Dié film gaan oor die Yslandse Keli Ericsdottir, 'n outistiese seun wat veral baie uitdagings het om te kommunikeer. Hy skryf gedigte, en een stuk wat hy geskryf het gaan oor 'n towerhoed wat 'n outisme-lyer help om met ander te gesels. Vandaar die titel van Kate se boek.

Al die geld gaan aan Kate se liefdadigheidsprojek vir outistiese kinders, The Golden Hat Foundation. Ander bekendes wat in dié boek te sien sal wees, is Christina Aguilera, Demi Moore, Elijah Wood en Julianne Moore.