Hulle gaan al sedert April 2011 uit en Melua se klavierspeler het dié twee aan mekaar voorgestel nadat hy Toseland by een van haar konserte in die gehoor sien sit het. Toe die sangeres hierdie week op die Hamburgse lughawe met 'n verloofring gesien is, het die media begin spekuleer.

Toseland, wat ná 'n gewrigbesering sy motorfietsloopbaan vaarwaal moes roep, begin ook binnekort sy musiekloopbaan.

"Katie is ongelooflik. My suksesse beïndruk haar glad nie. Sy sou glad nie in my belang gestel het omdat ek 'n motorfietsryer is nie. Sy't, inteendeel, nog nooit eens van my gehoor voor ons aan mekaar voorgestel is nie," het Toseland gesê.

"Dis lekker om te weet iemand voel aangetrokke tot jou vanweë jou persoonlikheid en nie jou loopbaan nie."

Klik by www.katiemelua.com vir meer. Of klik by www.jamestoseland.com vir meer oor hom.