Die Oscar-benoemde aktrise Keira Knightley gaan in November as die Sugar Plum Fairy te sien wees in die rolprent The Nutcracker and the Four Realms.

Nie net dra sy ’n malvalekkerpienk pruik nie, maar sy het ook haar stem skril gemaak vir die rol. 

Keira Knightly as die Sugar Plum Fairy. FOTO Instagram

Kyk die lokprent hier:

Die 17-jarige aktrise Mackenzie Foy is in die rol van Clara te sien. 

Mackenzie was net 11 jaar oud toe sy die rol van Renesmee, dogter van Edward en Bella Cullen, in die Twilight-reeks vertolk het. En drie jaar later het sy as Murph Cooper in die Christopher Nolan-fliek Interstellar verskyn.

Die aktrise Mackenzie Foy speel die hoofrol in 'The Nutcracker and the Four Realms FOTO Instagram/ Mackenzie Foy

Ons kan nie glo hoe groot sy geword het nie! In die nuwe fliek, gebaseer op Tsjaikofski se ballet Die Neutekraker, deel sy ook die stel met groot Hollywood-sterre soos Morgan Freeman, Matthew Macfadyen en dame Helen Mirren.