Die gelukkige paartjie het die groot nuus gedeel: hulle gaan binnekort by die kansel afstap. Tydens 'n onderhoud met Hello! het Kelly haar ring gewys wat ontwerp is om soos een van haar pa, die rock-ster Ozzy Osbourne, se oorbelle te lyk. Kelly Osbourne deel haar geheim vir dun middeltjie: 'n Hulahoep! "Ek wou nog altyd so ring gehad het. Ek het altyd my vinger naby sy oor gehou en gesê ek wil eendag só ring hê - en nou het ek!" Matthew het die groot vraag gevra tydens 'n romantiese vakansie in die Karribiese eilande.

Kelly het haar 29-jarige verloofde, 'n vegetariese sjef, in 2011 by Kate Moss se troue ontmoet. Sy sê sy het dadelik geweet dat hulle veronderstel is om saam te wees. "Ek het nog nooit so intiem met enige iemand gevoel nie. Ons wil net die hele tyd saam wees."

Kelly se wenke vir haar 20kg gewigsverlies

Sy het ook die gerugte dat haar ma en pa op skei staan, hok geslaan. Vroeër vanjaar het Sharon uitgetrek nadat Ozzy weer ná jare begin drink het. Kelly sê haar ma het uitgetrek totdat haar pa weer op die regte pad gekom het, maar hulle sou nooit skei nie.