Kyk hoe lyk sy op die Desember 2010-voorblad van die oorsese uitgawe van Shape. Ware inspirasie!

Die sangeres en werklikheids-TV-ster Kelly Osbourne (25) het met haar gewig gesukkel en het al drie keer in 'n rehabilitasiesentrum vir haar dwelm- en alkohol-verslawing gaan draai. Maar volgens 'n onderhoud met die tydskrif Us Weekly lyk die prentjie noudat sy 20 kg verloor het heelwat anders, berig www.thatsfit.com.

'n Gesonde lae-koolhidraat-dieet en baie oefening,waaronder ballet-ontmoet-joga-pilates-oefeninge (bar method exercise), is glo deel van haar sukses-resep. Dan het sy ook aan die ABC-kanaal se dansprogram Dancing with the Stars (byna soos Strictly Come Dancing) deelgeneem.

In die onderhoud met Us Weekly erken Kelly dat sy 'n emosionele eter is: "Ek sou pizza bestel, en dan al my emosies wegeet."

Kelly het voorheen al 20 kg met 'n dieet verloor, maar in 2009 weer al die gewig aangesit. Sy het ook 'n paar kitsdiëte probeer wat nie gewerk het nie.

Kelly se oefen- en eetplan

Sy's geensins 'n oefen-fanatikus nie, maar doen 3 keer per week vir 'n uur op 'n slag bar method exercise.

"Ek kan nie elke dag oefen nie, ek't nie die selfdissipline nie. Ek hou nie van oefen nie. Dis aaklig. Jy sweet en jy stink, maar dan is dit gelukkig verby. En net 3 dae 'n week maak regtig 'n verskil. 'n Mens raak verslaaf daaraan."

Wanneer sy nie by die oefenklas kan uitkom nie, gaan stap sy, haar ma, Sharon, en 'n fiksheidsinstrukteur naby hul huis in Kalifornië. "Ons stop soms om opstote en maagoefeninge te doen voor ons verder stap. Daar is so baie bulte waar ons stap!"

Eetplan

'n Gewone dag vir Kelly sluit in:

Ontbyt: Eierwit-omelet met kalkoenvleis.

Middagete: Slaai met tamaties, salami, mozzarellakaas en garbanzo-bone.

Aandete: 'n Kalkoenburger met slaai of gestoomde groente met suikervrye Jell-O ('n jellie-nagereg).

Wenke

  • Drink minder of geen gaskoeldrank. "Ek kon tot 10 'n dag drink, maar ek drink nou net een."
  • Eet ryskoekies pleks van skyfies.
  • Gooi weg jou mikrogolfoond. Dis so maklik om 'n 3-minuut-kitsete te maak. Koop eerder vars kos. (Bron: www.celebritydietdoctor.com)