GIF’s of ‘giff’ of ‘jiff’ is ’n lekker manier om jou WhatsApp-boodskappe prettig te maak. ‘GIF’ staan vir ‘graphic interchange format’ en dit is ’n digitale prent.

Dis ’n heerlike middeweg tussen videos en foto’s. Dit beweeg nes ’n video, maar dit is eintlik ’n bewegende foto sonder klank. Die grootte van ’n GIF is ook baie klein, en gevolglik vat dit min data om te stuur en af te laai.  

Al is dit kinderspeletjies om ’n GIF te deel, het die SARIE-span besef dat nie alle WhatsApp-gebruikers weet hoe om vir ’n GIF te soek nie! 

Hier wys ons jou hoe om die GIF te vind en te deel wat by jou bui en boodskap pas.

Maak só:

1. Gaan na jou WhatsApp se chat-funksie om ’n boodskap te stuur. Gaan na waar jy gewoonlik jou emoticons deel.

Gaan na jou Whatsapp-'chat' en klik op GIF
Gaan na jou Whatsapp-'chat' en klik op GIF

2. Klik op ‘GIF’

Soek deur miljoene GIFs
Sif deur miljoene GIF's deur 'n sleutelwoord te soek

3. Klik op die vergrootglas in die hoek. Tik jou bui, gunsteling-aktrise, -slagspreuk of -fliek in.

Kies jou GIF
Kies jou GIF

4. Kies en deel die GIF in jou boodskap!

Deel jou boodskap!
Deel jou boodskap!

Lekker ‘chat’!