Gisteraand was die loopplank vol vere, diamante en sterre. Ja, dit was die jaarlikse Victoria’s Secret-modevertoning. En die wêreld se topmodelle was almal daar in asemrowende onderklere-ontwerpe.

Die vertoning is in New York gehou en die ontwerper was die Griek Mary Katrantzou, bekend vir haar aweregse ontwerpe.

Die Suid-Afrikaner Candice Swanepoel en haar Namibiese boesemvriendin Behati Prinsloo was ook op die loopplank en het beeldskoon gelyk.

Maar ons reken Kendall Jenner, lid van die Kardashian-clan, het die kollig gesteel. 

Hier’s van ons gunsteling-uitrustings

Kendall Jenner FOTO Getty Images/ Gallo Images
Gigi Hadid FOTO Getty Images/ Gallo Images
Bella Hadid FOTO Getty Images/ Gallo Images
Candice Swanepoel FOTO Getty Images/ Gallo Images
Lais Ribeiro FOTO Getty Images/ Gallo Images
Kendall Jenner FOTO Getty Images/ Gallo Images
Behati Prinsloo FOTO Getty Images/ Gallo Images

Die vertoning word op 2 Desember op TV gewys. Hou dop vir besonderhede.