Volgens Vogue is Kendall Jenner en Justin Bieber deel van Instagram se "koninklikes".

Ander jong bekendes soos Sean Penn se kinders, Dylan en Hopper, en die model Gigi Hadid is ook deel van Hollywood se nuwe "Brat Pack".

FOTO: Instagram  @kendalljenner en @gigihadid FOTO: Instagram @kendalljenner en @gigihadid

Kendall se jonger suster, Kylie Jenner, het nie die eksklusiewe lys gehaal nie, maar haar hond, Norman, het wel!

Hul suster Khloe Kardashian het die volgende via sosiale media gedeel: "Dit is ongelooflik dat Norman ook in Vogue gaan verskyn. Kylie, jou baba is suksesvol! Dit is wat gebeur wanneer Kendall jou hond oppas."

FOTO: Instagram @kyliejenner FOTO: Instagram @kyliejenner

Kyk HIER na die foto's wat in Vogue se April-uitgawe te sien is.

Bronne: Vogue en The Huffington Post 

Lees ook