Op Saterdag 24 November is model Kerry McGregor en haar man, die krieketspeler Neil McKenzie, as SA se stylvolste paartjie aangewys. Dié toekenning maak deel uit van die jaarlikse SA Style Awards. 

Dié paartjie is in 2007 getroud, en in 2010, gedurende die SA winter, het McKenzie klubkrieket vir Hampshire in Engeland gaan speel. Hulle het sedertdien tussen SA en Engeland gereis. Die paartjie het twee kinders, Luke en Riley.

Volg Kerry McGregor op Instagram

kerry neil2 kerry neil3 kerry neil4