Gisteraand het die Suid-Afrikaanse tennisspeler Kevin Anderson die kampioen Roger Federer op Wimbledon geklop! Selfs ou Federer was verslae, dis immers op die einste grasbaan waar hy keer op keer koning kraai. Nou gons die wêreld oor Anderson. Wie is hy? Waar kom hy vandaan?

Anderson is die eerste Suid-Afrikaanse man wat dit sedert 1983 kon regkry om tot Wimbledon se semifinale ronde deur te dring. Dis vanjaar 35 jaar gelede dat Kevin Curren in die semifinaal gespeel het, en twee jaar later in die finaal. Ongelukkig het hy toe teen Boris Becker verloor. 

Het jy geweet? Roger Federer, Serena Williams en Martina Navratilova is glo die gewildste Wimbledon-kampioene. 

Ses feite oor Kevin Anderson

1. Hy is 'n boorling van Johannesburg.

2. Op ses het hy sy eerste tennisraket gekry.

3. Op 17 het hy professioneel begin speel.

4. Hy is 2.03 meter lank.

5. Sy vrou, Kelsey, is ’n Amerikaanse rekenmeester.

6. In 2017 het hy in sy eerste Grand Slam-finaal gespeel - die Amerikaanse Ope.