Die realiteitster Khloé Kardashian het gister haar babadogtertjie verwelkom! Die goeie tyding kom twee dae nadat dit op die lappe gekom het dat die baba se pa, Tristan Thompson, haar met verskeie vroue verneuk het.

Te midde van die skandaal het Khloé se twee susters, Kim en Kourtney, hul vakansie op die Turks-en-Caicos-eilande in die Atlantiese Oseaan kortgeknip en Cleveland toe gevlieg om haar by te staan tydens die bevalling. Volgens US Weekly was Tristan ook daar tydens sy baba se geboorte.

Mommy and Daddy ?? @sashasamsonova

A post shared by Khloé (@khloekardashian) on

Die 32-jarige Khloé wou nog altyd ’n ma wees, maar het nie gedink sy sal ooit kinders hê nie. Verlede jaar het sy tydens ’n ginekologiese ondersoek uitgevind haar follikeltelling (’n aanduiding van jou vrugbaarheid) is baie laag vir iemand van haar ouderdom.

Geluk was ook nie juis voorheen aan haar kant nie, met haar eerste huwelik met die basketbalspeler Lamar Odom wat ná sewe jaar verbrokkel het. Gerugte dat Lamar buite-egtelike verhoudings gehad het, het oral skinderblaaie gehaal. 

Toe kom Tristan, ook ’n basketbalspeler, in die prentjie. Hy en Khloé is sedert 2016 ’n paartjie en einde 2017 het hulle die groot nuus gedeel: Khloé is swanger. 

?? Magical moments with the most magical women! I’ll forever be in love with YOU! ??

A post shared by Khloé (@khloekardashian) on

Maar dié week, terwyl Khloé nog opgewonde gereed gemaak het vir die koms van hul dogtertjie, het foto’s en video’s van Tristan saam met ander vroue die rondte begin doen. In een video soen hy ’n donkerkop. 

Gelukkig het Khloé duidelik ’n sterk ondersteuningsnetwerk en volgens US Weekly gaan sy ná die geboorte terugtrek na haar familie in Los Angeles.