Die koningin van selfies, Kim Kardashian, neem heeldag skaamteloos foto's van haarself. 

Die realiteitster vat dit eersdaags nóg ’n stap verder deur ’n boek met kiekies van al haar beste selfies te publiseer. Selfish, wat uit 352 bladsye bestaan, sal die winkelrakke (in Amerika) op 5 Mei tref, berig E! Entertainment

Kim het haar selfie-wenslys op Twitter bekend gemaak. Die 34-jarige wil graag met haar oorlede pa, Jesus en die ikoniese Marilyn Monroe gekiek word.

Suid-Afrikaners en die selfie-fenomeen

Sanger en akteur Willem Botha vertel gereeld ’n storie met sy selfies.  Die verloofde paartjie Bouwer Bosch en Leandie du Randt, wat albei in 'Mooirivier', te sien is, neem graag saam selfies. Suid-Afrika se minister van selfies, oftewel sport, Fikile Mbalula, deel sy kleurryke lewe met sy meer as 140 000 Twitter-volgelinge.  En die prys vir die beste plaaslike selfie gaan aan... Model Lee-Ann Liebenberg. Nee, rêrig. Die beelskone model het verlede jaar die pys vir die beste selfie by die eerste Channel24-toekennings gekry.