Die realiteitster Kim Kardashian het glo ’n persoonlike afrigter vir haar 2-jarige dogtertjie gehuur, berig Hello!

Tog doen die klein North West, enigste kind van Kim en haar musikant-man, Kanye West, geen strawwe oefening nie.

FOTO: Instagram kimkardashian FOTO: Instagram kimkardashian

’n Bron verduidelik: "Ná haar eie sessie laat Kim een van haar persoonlike instrukteurs so een of twee keer per week met North oefen. Hulle leer haar prettige goed soos strekke en basiese aërobiese oefeninge ... Kim dink dis normaal om vir North op so ’n jong ouderdom fiks te hou."

Gelukkig maak hulle ook tyd om die soet dinge in die lewe te geniet. Kim het dié skattige foto's, wat wys hoe North aan ’n sjokolade-pannekoek smul, met haar byna 40 miljoen Instagram-volgelinge gedeel.

Bron: Hello!

Lees ook