Die 26-jarige Kris het Kim (30) op 'n baie romantiese manier gevra om met hom te trou: Hy't tussen 'n klomp roosblare wat die woorde “Sal jy met my trou” uitspel, sy een knie gebuig en haar gevra.

Sy sê sy het dit glad nie verwag nie, berig people.com. Kris het die vraag gevra met ’n 20.5-karaat Lorraine Schwartz diamant.

Hy en Kim se ma het ook vir later die aand ’n intieme ete vir die familie gehou.