1 200 selfies in byna ’n week! Dít is hoeveel Kim Kardashian volgens E! Online geneem het toe sy in Thailand vakansie gehou het. 

Ons kan inderdaad op dié werklikheidster staatmaak om hierdie soort inligting bekend te maak! In ’n uittreksel van ’n nuwe episode van Keeping Up With the Kardashians bieg Kim teenoor haar man, Kanye West, dat sy 1 200 selfies met 6 verskillende kameras geneem het toe sy saam met lede van haar gesin vakansie gehou het.

Kanye, wat tydens dié episode nog net haar verloofde was, was nie saam op vakansie nie en Kim sê sy het soveel foto's geneem om vir hom te stuur.

Die waarheid, of ’n publisiteitsfoefie? Ons weet nie, maar een ding is seker - Kim hou van selfies neem.

’n Ander ster wat haar liefde vir ’n selfie deel, is Jennifer Lopez. Sy het selfs ’n selfie saam met die Amerikaanse presidentsvrou, Michelle Obama, geneem!

AUGustus aug elma smit

*Is selfies ’n teken van egosentrisme of is dit sommer net pret? Lees die artikel "Hoekom so self(ie)behep?" in die Augustus-uitgawe van SARIE om uit te vind.

Gelukkig het Kim nie ál 1 200 foto's op sosiale media gedeel nie. Só lyk van die foto's wat Kim van dié vakansie gedeel het

Bronne: E! Online, Daily Mail & Gossip Cop

Nóg Kardashian-nuus op SARIE.com