Die prent gaan oor Judith, ’n huweliksberader, wat wonderlike raad kan uitdeel, maar sy pas dit glad nie in haar eie huwelik toe nie. Jurnee Smollett, van Friday Night Lights-faam, speel die rol van Judith. 

Kim vertolk die rol van Judith se kollega en beste vriendin, Ava. Sy staan vir Judith by en help haar om al haar probleme te hanteer, en gee vir haar ’n makeover.

Tyler Perry, wat bekend is vir Madea’s Family Reunion, het die draaiboek geskryf en is ook die regisseur.

Produksie van The Marriage Counsellorbegin volgende week in Atlanta.

Kim, wat bekend is vir die realiteitsreeks oor haar en haar familie, Keeping up with the Kardashians, het al in twee ander flieks gespeel, Deep in the Valley en Disaster Movie.

Sy het op haar Twitter-blad geskryf dat sy in The Marriage Counsellor gaan speel. "Dit gaan so 'n opwindende ondervinding wees!" het sy geskryf.