Die eerste foto's van Kim Kardashian se trourok is gepubliseer en die modebedryf gons oor dié Givenchy-skepping. Ons kyk bietjie in detail na dié rok en hoe dit ooreenstem met hierdie seisoen se trourok-trends.

Kim se Givenchy haute couture-trourok wat deur ontwerper Riccardo Tisci geskep is, mag dalk nie wees wat ons verwag het nie, maar dit het beslis die wêreld se aandag gegryp. Hello!het foto's van die rok gepubliseer en Kim het self twee foto's op haar Instagram-blad gedeel met die onderskrif, "Mnr. en Mev. Kanye West".

Sien nog foto's van die rok op Hello!.

SARIE.com het met die ontwerpers van F. Wilson Fashion oor Kim se trourok gesels. Hulle maak onder andere rokke vir MoniQue en het ook Charné Marnewick en Corlea se Ghoema-rokke gemaak.

Hier is hul opinie oor wat Kim se rok so spesiaal maak.

Die agterkant

Die heel eerste foto wat ons van haar rok gesien het, was die foto van agter af. Ons eerste indruk was definitef 'wow! Dis ongelooflik mooi!'

FOTO: Instagram  riccardotisci17  FOTO: Instagram riccardotisci17

Die fokuspunt van die rok is beslis op die rug. Dis baie sexy!

Die voorkant

Die voorkant is baie konserwatief vir Kim. Dalk was dit haar plan van die begin af: mense het gedink sy gaan met ’n sexy trourok uitstap, maar toe verras sy almal en gaan in die teenoorgestelde rigting.

Fokus op haar skoonheid

Omdat haar rok konserwatief was, het die fokus op haar skoonheid geval. En Kim is beslis ’n beeldskone vrou. Die plaas die aandag op haar gesig en dís waar sy die aandag wou hê.

Die middel-belt

Die belt om Kim se middel beklemtoon haar klein middel. Met ’n trourok wat ’n lae, oop rug het, het mens struktuur soos ’n belt in die middel nodig, veral omdat ’n vrou se middel die mooiste deel van haar lyf is.

Trends vir 2014/2015 Kim het beslis twee sterk trends gevolg met haar trourok,veral as jy dit vergelyk met die Spaanse modehuis, Provonias, se versameling by vanjaar se Barcelona Modeweek vir Bruide. Kenners reken dat selfs meer bruide nou in hierdie rigting sal gaan nadat hul gesien het hoe Kim dit doen. KLIK HIER om hierdie jaar se 5 trourok-trends te sien. Kant Kant wat lyk asof dit los op jou vel sit, met geen of deursigtige materiaal onder, is hoogmode en een van Kim se trourok se mees opvallende elemente. Volgens die span by F. Wilson Fashion, gaan dit een van die grootste trourok-trends hierdie seisoen wees.

 Etsy  Etsy

 Etsy  Etsy

    Meermin-snit Pronovias meen die meermin-snit is beslis nog in die mode, maar die uitklok is meer subtiel en nie so dramaties soos voorheen nie. Kim se rok het ook ’n meermin-snit en F. Wilson Fashion reken dat baie bruide hierdie seisoen dié trend gaan volg.

 Etsy Etsy

 Etsy Etsy

    Moue Skouerlose trourokke is tydloos, maar om jou meer te bedek is groot nuus. Langer moue maak vanjaar ’n groot verskyning en Kim het beslis dié spyker op sy kop geslaan.

 Etsy  Etsy

 Etsy  Etsy

5 Trourok-trends vir 2014 én 2015

Wat dink jy van Kim se rok? Lewer jou kommentaar hieronder of gesels saam op ons Facebook- of Twitter-blad.

Nóg in ons BRUID-afdeling